Upington TOG Nuusblad 2010

Die doel van die nuusblad is om kommunikasie te vergemaklik. Inligting oor al die byeenkomste, 'fieldtrips' ensovoorts sal hier uiteengesit word. Enige lid wat graag 'n boodskap aan alle ander lede wil stuur soos byvoorbeeld tweedehandse boeke te koop, inligting oor buitemuurse klasse of enige ander algemene boodskappe kan 'n kort boodskap met 'n kontak e-mail stuur aan lislfair@gmail.com Enige navrae oor die 'events' of nuusblad kan ook aan Lisl gerig word.

FEBRUARIE 2010

8 Februarie 2010 om 14:00 te Disalaan no. 14 Upington

Eerste Upington TOG byeenkoms van die jaar. Almal is welkom. Laat weet asseblief indien julle wel gaan kom. Dit maak dit makliker vir die gasvrou om te beplan. Albei ouers is welkom, daar is altyd ten minste een of twee pa's ook teenwoordig. Daar is nie 'n tema nie, ons gaan net eers weer almal op hoogte kom met mekaar en nuwe gesinne verwelkom. Daar is 'n oop swembad, so maak asseblief voorsiening vir toesig vir klein kindertjies.

11 Februarie 2010 Laatmiddag - Aand

Atletiek by Danie Kuys Stadion saam met Cum Laude Privaatskool Grootdrink. Cum Laude Privaatskool is elke jaar so vriendelik om die tuisonderrig kinders uit te nooi om saam met hulle atletiek te hou. Dis 'n wonderlike geleentheid om tuisonderrig kinders aan atletiek hardloop en kompetisie bloot te stel. Daar is gewoonlik 'n inskrywingsfooi en van die tuisonderrig ouers word gevra om as veldbeamptes op te tree. 

Maart 2010 - Upington Tuisonderrig T-Hemde

Tuisonderrig T-Hemde is beskikbaar by Lisl Fair teen R60 per T-hemp.

16 Maart 2010 - Uitstappie na Upington Lughawe - 9:30

Ons gaan op 'n uitstappie na Upington Lughawe. Ons hoop om binne in van die ou vliegtuie wat daar gestoor is te gaan kyk en ook 'n draai by die lughawe brandweer te maak. Bring 'n snack en koeldrank saam. Sien julle daar!